VYFTIG jaar, dit is wat eerskomende naweek by NGK Despatch-Suid gevier word met smaaklike etes en spoggerige karre.
Dié jaarlikse Oppi-Kole-fees begin môre om 17:00 met ligte aandetes wat te koop aangebied word. Daarna, om 19:00, word ’n sangfees met Barneace Slabbert gehou.
Saterdag word die fees vanaf 08:30 voortgesit. Van krummelpap tot potjiekos, pannekoek, poedings en gemmerbier kan daar geniet word.
Veteraanmotors uit toeka se dae sal byd ie fees te sien wees en ’n koekversierkompetisie, waaraan slegs mans mag deelneem, word om 11:30 gehou.
Vir die jonges van gees is daar klimmure en boogskiet.
Vir meer inligting of om van die etes te bestel bel die kerkkantoor by 041 933 3432.





