Karla Gouws en haar pa Kobus Gouws met die reuse tjek van R10 000 wat sy gewen het.Foto:VERSKAF


Sanger Karla Gouws van Despatch is by GrandWest in Kaapstad aangewys as die wenner van die Bakgat Country Star Search 20/21 se afdeling vir vroue.

Karla het loopbaanbepalende pryse ontvang, insluitende ‘n kontantprys van R10 000, ‘n Shure professionele vokale mikrofoon, professionele fotosessie en toegang tot die Country-musiekkring op die hoogste vlak. Karla sal ook op die volgende Bakgat Country Opskop optree saam met die legendes en opkomende sterre van Country musiek.

As wenner sal ’n oorspronklike liedjie wat eksklusief vir haar geskryf en vervaardig word deur Suid-Afrika se mees bekwame Country musiek liedjieskryf- en produksiespan bestaande uit Clive Ridgway, Tony Ridgway en Dennis East, opgeneem word.

“Dit was nog altyd ‘n groot droom van my om my eie Shure mikrofoon te kon hê, en nou het ek een! Ek is baie opgwonde oor wat voorlê en sien uit na die opname en opskop waar ek gaan optree,” sê Karla, ’n onderwysers by Laerskool Sonop.

Karla en haar pa Kobus Gouws het vroeër verlede Maand in ‘n voorprogram van Jo Black opgetree waarna sy ook die geleentheid gekry het om saam met Dozi die gewilde Midnight Special te sing. Karla en Kobus tree tydens die vakansie elke Maandag, Woensdag en Vrydag op by Je’ Vista Social Café in Jeffreysbaai.

Karla Gouws.Foto: VERSKAF

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article