Karaoke wenners (van links) Ryno Strydom (derde), Jonathan Stoffels (naaswenner) en Richard Toni (wenner). Foto: VERSKAF

’n Karaoke-kompetisie vir die duur van Mei, elke Saterdagaand, het aspirant sangers by Hotspot Sports Bar op hul tone gehou en die uiteindelike wenners is onlangs op ’n hoë noot aangekondig.

Die karaoke-kompetisie organiseerder, Pierre de la Harpe, sê ná die sukses van ‘n vorige kompetisie het hy baie navrae van Uitenhagers ontvang om weer so ‘n kompetisie aan te bied.

Goeie pryse was op die spel en die uiteindelike wenners was: 1ste: Richard Toni wen R2 500 plus ‘n ete by die Boardwalk; 2de: Jonathan Stoffels wen R500 plus ’n geskenkpak geborg deur Winterhoek Distributors CC; 3de: Ryno Strydom wen R300 en ‘n geskenkpak geborg deur RVDK Shooters.

Die beoordelaars van die karaoke-kompetisie was Wanda en Dean Wewege saam met Schalk Rossouw.

‘n Gelukkige trekking met ‘n Pocketbike (mini spoedmotorfiets) as prys is gewen deur Bianka Nel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article