Jubilee Park Primêr gaan Saterdag, 1 September die begin van lente vier met ‘n Spring Fare wat by die skool aangebied word.

Daar sal allerlei eetgoed soos pasteie, koeke, bunny chows, hoender-geregte, kerrievleise, braaivleis en baie ander lekker snuisterye te koop aangebied word. Ouers en vriende word versoek om koepons te bekom om lang wag by tafels te vermy. Die verrigtinge begin om 09:00 en duur tot 14:00. Daar sal ook musiek ge-speel word en vermaak wees vir die jongspan.

  • Vir meer inligting bel die skool by 041 988 3131.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article