‘n Jong rugbyspeler met Despatch-bloed in sy are speel tans die wêreld aan die brand in Frankryk.
Tristan Karele (23) speel vir Causse Vézère, ‘n Federale span, waar hy behoorlik spiere bult.
Hy is die seun van Harold Karele, voormalige OP-agsteman van Despatch wat in 1994 op die drumpel van die Springbok-span was.
Soos sy pa is Tristan ook ‘n agsteman en flank wat op die verdediging vrees by sy teenstanders inboesem.
Pa Harold het jou getêkkel dat jy bly lê – en dis duidelik dat Tristan dieselfde gene het. Hy is ook ‘n sterk bal draer.

Die sportbloed loop dik in Tristan se are. Sy een oom, Pieter O’Neill, was ‘n ster-losskakel by die Hoërskool Despatch.
Hy het die OP-Cravenweekspan in 1988 en 1989 gehaal en ook die SA Skolespan verteenwoordig.
Sy oupa, Johnny O’Neill, was ‘n Springbok-stoeier op Despatch. Oom Pieter en pa Harold het ook saam vir die Stormers, Boland en SWD gespeel.
Twee ander ooms van Despatch, die broers Danie en Morné Els, het ook albei SA kleure vir stoei.
Tristan is 1,9 meter lank en weeg 103kg. Hy het sy streekspan gehaal wat gelykstaande aan ‘n OP junior span is.
Tristan was ook net 19 jaar oud toe hy vir Tarbes se tweede span uitgedraf het.
Tarbes was ‘n professionele span, ProD2. Dis net onder die Top 14. Hy het daar ‘n voetbesering opgedoen en dit het sowat ‘n jaar gevat om reg tekom.
Hy hoop om sy rugby tot by die Pro-liga te neem wanneer hy weer 100% fiks is.
Tristan was in 2009 in die Despatch Voorbereidingskool.






You must be logged in to post a comment.