=Malan Potgieter is die OP se Kampioen van Kampioene gholfspeler wat in November teen die res van die land se provinsiale klubkampioene gaan deelneem. Foto:KATELYN THATCHER


BELOWENDE jong gholfspeler Malan Pot- gieter (15) van Hoërskool Kirkwood, het die Kampioen van Kampioene-kompetisie in die Oostelike Provinsie gewen.

Alle klubkampioene van die onderskeie gholfklubs in die Oostelike Provinsie neem aan dié kompetisie deel.

As Kampioen van Kampioene-titelhouer van dié provinsie gaan Potgieter nou van 11 tot 13 November in Johannesburg by die Glendower Gholfklub meeding teen die res van die land se provinsiale klubkampioene.

Potgieter is ’n lid van die Kirkwood Gholfklub.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article