Deelname aan die Topskole-toernooi is ‘n voorreg wat saam met opwinding kom vir enige span.
Vir die Hoërskool Despatch se o.16-netbalspan was hierdie geleentheid ‘n besondere hoogtepunt.
By die toernooi het 43 van Suid-Afrika se topskole in twee afdelings, Batho en uBuntu, mekaar die stryd aangesê. Die span het vir die derde agtereenvolgende jaar die Oos-Kaap verteenwoordig – ‘n merkwaardige prestasie en grootskaalse eer.
Met hul oog op ‘n plek in die top 20, het die span hul doelwit oortref deur 16de in die land te eindig.
Benewens die kompetisie, was dit ‘n kans om hul talente te slyp en hul rol as ambassadeurs vir die Hoërskool Despatch te versterk. Waardevolle lesse oor spanwerk, deursettingsvermoë en sportmangees is tydens die toernooi geleer en in die spel toegepas.
‘n Spesiale hoogtepunt was die besoek van die Springbok rugby-afrigter, Rassie Erasmus, wat nie net wenke met die afrigters gedeel het nie, maar ook bygedra het tot die motivering van die spelers.







You must be logged in to post a comment.