Die goue kalf wat die Israeliete aanbid het en die Leeu van Juda sal deel wees van twee stasies.

Foto’s: Verskaf

So tussen die onlangse Paasfeesvieringe en opkomende Pinksterdienste maak die NG Kerk Despatch-Suid gereed vir nóg ’n gebeurtenis op hulle kalender.

Vanaf 15 tot 19 April gaan hulle ’n “Stap deur die Bybel-uitstalling” hou met 30 stasies wat Bybelverhale uitbeeld.

Almal is welkom om rustig deur die uitstalling te stap. Nooi jou vriende en familie saam. Plaaslike skole en kerke is reeds genooi om deel te wees. Besoek die uitstalling by die kerk op die hoek van Kerk en Kromstraat, Despatch, tussen 08:00 en 16:00. Spesiale versoeke vir ander tye kan gereël word.

Kontak ds. Arrie Preller vir meer inligting by 072 899 6524.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article