daredevil run despatch
Die Hollard Daredevil Run vind op Vrydag, 31 Oktober plaas. FOTO: VERSKAF

Die jaarlikse Hollard Daredevil Run vind weer plaas op Vrydag, 31 Oktober 2025.

Soos gewoonlik gaan Despatch Atletiekklub en vriende weer deel wees van hierdie opwindende geleentheid.

Dit sal die vyfde jaar wees wat die atletiekklub hierby betrokke is. Die doel van die Daredevil Run is om die bewusmaking van testikulêre en prostaatkanker te bevorder.

daredevil run despatch
Die jaarlikse Hollard Daredevil Run vind weer plaas op Vrydag, 31 Oktober 2025. Soos gewoonlik gaan Despatch Atletiekklub en vriende weer deel wees van hierdie opwindende geleentheid. FOTO: VERSKAF

Helgard Potgieter, voorsitter van Despatch Atletiekklub, sê die Daredevils gaan weer in hulle pers speedos Despatch se strate invaar met die pom-pom meisies agterna.

Hulle gaan op die roete by besighede stop waar hulle tjeks vir die bevordering van testikulêre en prostaatkanker gaan ontvang.

Potgieter het ook Despatch Superspar, Klinicare Despatch, Van der Merwe Property Group, Deon van der Merwe Attorneys, Belissima en die Lions Klub van Kariega bedank vir hulle ondersteuning en bydrae.

Die Daredevil Run begin om 15:00 by Despatch Rolbalklub en die roete strek deur die Hoofstraat tot voor Van der Merwe Property Group.

Daarna draai hulle terug tot by Despatch Superspar, en weer terug tot by die Rolbalklub. Die publiek word aangemoedig om die Daredevils op die roete te ondersteun.

Vir enige navrae, kontak Potgieter op 084 606 5601.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article