voortrekker doppies
Die Voortrekkers Oos-Kaap het meer as 150kg se doppies oorhandig. FOTO: Anika de Beer

Despatch doppie-projek kry ‘n Oos-Kaapse hupstoot


DESPATCH – Die Oos-Kaapse Voortrekkers het vanjaar meer as net hul beste voet voor gesit om hul jaartema ‘n realiteit te maak.

Die Voortrekkers vier vanjaar hulle 95ste bestaansjaar onder die jaartema “Ligdraers van die wรชreld”.

Adri Steyn, bemarkingskoรถrdineerder vir Oos-Kaap Voortrekkers, het vertel van die verskeie uitreike wat hulle deur die loop van die jaar aangepak het, insluitend ‘n pretdraf ten bate van SADAG, nรณg ‘n pretdraf ten bate van die Hoรซrskool Kaap Recife en besoeke aan ouetehuise waar hulle gesing het en koekies en drukkies uitgedeel het.

“Dit word Ligpunt-projekte genoem,” het Steyn gesรช.

Hulle het ook besluit om by ‘n bestaande projek van Trudie Swanepoel van die Voortrekker Despatch Kommando aan te haak en dit van ‘n plaaslike inisiatief tot ‘n wyere Oos-Kaapse projek uit te brei.

voortrekker doppies
Die Voortrekkers op Despatch samel doppies al vir ‘n paar jaar in vir die rolstoel-projek. Vanjaar het die ander Voortrekkers in die Oos-Kaap ook tot die projek bygedra. FOTO: Anika de Beer

‘n Verskil gemaak – een doppie op ‘n slag

UD Express het in 2023 berig toe die Voortrekkers van die Despatch Kommando sowat 500 kg plastiekdoppies aan Margaux Prince, die stigter van die liefdadigheidsorganisasie, Making a difference, one person at a time, oorhandig het.

Dit was beslis nie ‘n eenmalige skenking nie. Swanepoel samel nou nog doppies in en handig twee maal ‘n jaar ‘n groot vrag aan Prince oor.

Prince het Making a difference, one person at a time in 2021 gestig.

“Ek het begin om nie-bederfbare kos en klere in te samel. En toe begin ek minder donasies kry en besef ons gaan deur ‘n tyd waar mense regtig swaarkry. Almal moet hulle laaste bietjie bymekaar skraap om vir hulle ‘n brood te koop, maar daar moet iets wees wat ons kan doen om mense te help” het sy vertel.

“Ek het bietjie navorsing gedoen en gesien dat ‘n eenvoudige doppie wat ek en jy sommer net weggooi, iemand se lewe kan vergemaklik.”

The Sweethearts Foundation vorder die doppies in en herwin dit. Vir elke 400 kg doppies word ‘n rolstoel gratis vir iemand in nood geskenk. Prince het al ‘n paar keer doppies vir Cheshire Home in Gqeberha geskenk sodat een van die inwoners ‘n rolstoel kan ontvang.

“My pad met Trudie het toe begin en sy het ‘n groot passie vir die doppies en om ons te ondersteun.”

Prince sรช die doppies is al so deel van haar lewe dat sy verstom staan wanneer daar nie doppies in haar oprit is nie. “Eenvoudige doppies kan kinders se wรชrelde oopmaak, en mense wat nie kan loop nie ‘n nuwe wรชreld wys.”

doppies voortrekker
Tiane en Brayden Schafer dra swaar aan sakke vol doppies. FOTO: Anika de Beer

Voortrekkers sit skouer aan die wiel

Steyn sรช die doppie-projek was ideaal om die kinders te leer dat die kleinste gebaar soms ‘n groot verskil in iemand se lewe kan maak.

“Dis regtig ‘n jaar van diensbaarheid in die Voortrekkers waar ons iets vir die gemeenskap wil doen en ook vir die kinders leer dat ‘n mens nie altyd iets doen om iets terug te kry nie. Ons moet daardie onbaatsugtigheid vir kinders leer. Een doppie op ‘n slag. En ons help sommer met besoedeling ook.”

Die Voortrekkers se eerste lot doppies in Julie was sowat 220 kg en hulle het op Vrydag, 30 Oktober, weer meer as 150 kg bygevoeg. Hoewel Despatch se Voortrekkers die grootste bydra gemaak het, kom vanjaar se doppies ook van Voortrekkers in Kragga Kamma, Kariega, Jeffreysbaai, die Langkloof en die Ruiterwag Kommando in Gqeberha.

“Dankie vir elke persoon wat bottels of sakkies vol doppies en broodknippies vir ons projek geskenk het!” het Swanepoel gesรช.

voortrekkers doppies
Die Voortrekkers Oos-Kaap het in Julie sowat 220 kg se doppies oorhandig. FOTO: Verskaf

LEES OOK: Inisiatief doen beroep op Kariega besighede om bejaardes te beskerm

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article