OP Saterdag, 28 September word daar ’n spesiale dag van musiek vir die inwoners van Huis Najaar gehou.
Die doel daarvan is om waardering vir die inwoners te wys vir alles wat die vorige generasie gedoen het.
Sangers van omliggende dorpe sal saamspan om ’n dag van sang, musiek en samesyn mee te bring. Die sangers sluit in Vernon, Twane, Elize, Twakkie en Raven Bleu en die volgende genres sal ingesluit wees: country, gospel, Afrikaans, folk song en pop. Klank sal voorsien word deur Zelda en Pieter (PZN Sound).



