DAAR word behoorlik gebak en brou om reg te maak vir Rosa Munch-tehuis vir bejaardes se jaarlikse basaar wat op Saterdag, 6 November gehou gaan word.

Verlede jaar is die tehuis se planne om fondse in te samel deur die COVID-19-inperkings gestuit. Daarom word daar nou behoorlik uitgesien na dié basaar, wat streng volgens die pandemie-regulasies aangebied sal word.

Al die tradisionele basaarlekkernye soos kerrie-en-rys, pannekoek, worsrolle, poedings en gemmerbier sal by die basaar te koop aangebied word. Daar sal ook tafels wees waar handwerk en ander produkte te koop aangebied word. En selfs vir die kleinspan sal daar vermaak wees.

Die publiek word uitgenooi om Rosa Munch se basaar te ondersteun.

  • Vir meer inligting of bestellings van basaarlekkernye bel 041 992 4138.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article