’n RUMOERIGE kabaret oor ’n 40-plusser vrou wat al ’n paar keer om die blok is, nie rustig kan raak nie en boonop bra’s het wat uitpraat, is eersdaags op die planke by Barklystraat Teater.

Michelle Botha is volgende Woensdagaand by Barklystraat Teater te sien in haar produksie Storm in a F cup/Bra-vades. Foto: verSKAF

In dié lewendige komedie Storm in a F cup/Bra-vades, met Michelle Botha as Debra, hoor die gehoor van al haar dating disasters, lekker luister na disco hits uit die 70’s en 80’s en kry sommer ook raad by Debra se ma oor Dr Dill se dating advice for women over 60!

“Ek is mal oor komedie. Ek dink dit is die mees uitdagendste vorm van toneelspel,” sê Botha.

Bra-vades is komedie, maar die dieper storielyn is dat jy as vrou nie ’n man nodig het om mens-waardig te wees nie – daar is niks fout met jou nie – jy is klaar menswaardig net soos jy is. ”

Sy sê dat dié komedie eintlik alles Lizz Meiring se skuld is, want sy het aan haar gekarring om ’n eenvrou-vertoning te doen.

“Gelukkig het ek geluister. En daar is niks méér motiverend as werkloosheid nie. Die komedie gaan oor die dating scene vir ouer vroue . . . die 40-something club.

“Die gehoor van Bra-vades strek van vrouens en mans in hul 20’s tot stokhoring oues met ’n lus vir die lewe. Almal geniet dit want daar is iets vir almal. Mense vind aanklank by Debra omdat hul al self daar was,” sê Botha.

Dit sal Botha se eerste keer ooit wees wat sy in Uitenhage optree. Sy is vir die afgelope 23 jaar deel van die vermaaklikheidsbedryf in die land as professionele aktrise, sanger, aanbieder sowel as skrywer.

Die tweetalige vertoning is 60 minute lank en het ’n ouderdomsbeperking van 16 jaar. Die regie is deur Thomas Barlow.

  • Storm in a F cup/Bra-vades is Woensdag, 14 Augustus om 20:00 by Barklystraat Teater te sien. Kaartjies is R150 per persoon en beskikbaar by Tossie 041 922 0575 of 082 809 4272.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article