STRELITZIA se nuwe meisieskoor van 39 stemme het ’n bronsmedalje losgesing by vanjaar se ATKV Applous koorkompetisie finaal wat verlede week in Bloemfontein se Sand du Plessis-teater gehou is.
Die finale gala-aande het oor vier dae gestrek.
Strelitzia het deelgeneem aan die Hoërskool Meriete: Meisieskoor-afdeling. Hulle mededingers in dié afdeling was die Hoër Meisieskool La Rochelle van die Paarl, The High School of Girls van Potchefstroom, Pietermaritzburg Girls’ High School en die Hoërskool Garsfontein van Pretoria.
Strelitzia het ’n goue sertifikaat met 84,04% ontvang en is aangewys as algeheel derde in dié afdeling.
Garsfontein was tweede met La Rochelle as die wenkoor.



