DIE Hoërskool Despatch se koor het aan die kykNET Sing in Harmonie se finaal deelgeneem en is saam met Collegiate Girls High as die algehele wenners aangewys.
Hiermee het die Despatchers deurge-dring om in 2020 aan die nasionale kompetisie in Johannesburg te gaan deelneem.
Despatch se koor is ook aangewys as die wenner in die kategorie Afrikaanssprekende Koor – Beste Gewyde-lied. Een van die beoordelaars se kommentaar oor die koor se optrede was, “’n stukkie hemel is aarde toe gebring.”
Nog ’n hoogtepunt vir die koor was toe daar aangekondig is dat hulle gekies is om in Desember saam met Nadine in haar Kersfees-konsert in Port Elizabeth op te tree.


