DIE wiele gaan rol en adrenalien gaan pomp met die verskeidenheid motors wat deel gaan wees van Laerskool Frans Conradie se Adrenalien-dag wat op Saterdag, 2 November gehou word.

Daar sal van veteraanmotors uit toeka se dae, veldtydrenmotors tot die nuutste motors van Volkswagen uitgestal word. Adrenalien gaan pomp vir diegene wat waaghalsig is om as navigators in te klim saam met veldtydrenmotors van Motorsport Suid-Afrika.

Ander aktiwiteite sluit in die BCC Hot Wheels “drag strip”, ’n meganiese bul, kloutermuur, verskeie stalletjies en ’n treintjie waarop die kleinspan kan ry.

Stalletjies kan teen R100 bespreek word en toegang tot die dag se pret is R10 vir volwassenes en R5 per kind.

Die dag word aangebied om fondse in te samel vir die skool.

Fransies se Adrenalien-dag word van 08:30 tot 15:30 op die skool se sportveld in Despatch aangebied. Vir meer inligting bel Mark by 084 823 6196.– HEILIE COMBRINCK

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article