Techno Kidz se baba-afdeling versorg babas vanaf 3 maande tot en met 2 jaar.


TECHNO Kidz is die eerste in sy soort dagsorg, nasorg en na-uresorg sentrum op Uitenhage vir kinders van drie maande oud tot leerders in graad 7.

Lucille Jonker, eienaar van Techno Kidz sê sy is baie trots op die span bekwame perso-neel en ervare sentrumbestuurder Christa Scheepers.

Dié span opgeleide personeel beskik oor jare se ondervinding en sorg dat opvoedkundige programme daagliks gevolg word. Vorderingsverslae word aan ouers gegee sodat hulle weet hoe hul kinders in dié programme vaar.

Techno Kidz se ruim fasiliteite is ingedeel vir vier verskillende afdelings. Al dié klasse en vertrekke is toegerus met veiligheidskameras:

Baba-afdeling

Gerieflik ingerig vir babas vanaf 3 maande tot en met peuters van 2 jaar. Dié afdeling is eenkant en ’n opvoedkundige en stimulerende dagprogram word daagliks gevolg.

Kleuter-afdeling (2-3 jaar & 3-4 jaar)

Hier het die 2-3 jarige kleinspan en die 3-4 jariges hul eie klasse waar hul al spelende opvoedkundige programme vir hul ouderdomsgroepe volg.


Graad RR-klasse

Techno Kidz het twee graad RR-klasse met twee opgeleide personeellede wat dié kinders leer en gereed kry vir formele onderrig in graad R.


Nasorg

Nasorg word in ’n afsonderlike afdeling aan skoolkinders vanaf graad R tot graad 7 aangebied. Dié kinders word by die onderskeie laerskole opgelaai en na die sentrum vervoer, waar hulle ook middagete geniet en individuele hulp kry met huiswerk.



Speelterrein

Techno Kidz se speelterrein is die grootste van alle dag- en nasorg-sentrums op Uitenhage. Daar is klim-en-klouter-apparaat, plek om trapkarre te ry, ’n waterglybane, springkastele en genoeg spasie om vrylik in ’n veilige omgewing rond te hardloop.

Oop ses dae van week & skoolvakansies (insluitend Desember)

Desember-vakansie is die sentrum heeltyd oop en kinders kan hier onder toesig deelneem aan vakansievermaak.

Techno Kidz is weeksdae oop vanaf 06:00 tot 20:00 en 19:00 tot 22:00 op spesiale versoek. Saterdae 07:00 tot 23:00. Vervoer word vanaf Techno Kidz om 07:00 aangebied na die onderskeie laerskole, waar die leerders na skool weer opgelaai word en na die sentrum geneem word vir nasorg. Om 16:00 word die leerder vanaf Techno Kidz na hul ouerhuise vervoer.

Die sentrum beskik oor ’n inwonende opvoeder en is oop tydens skoolvakansies en ouers is welkom om hulle kinders hier in die goeie sorg te laat.


) Vir meer inligting bel Techno Kidz by 041 922 8402 of stuur ’n e-pos na technokidzschool@gmail.com

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article