ELKE jaar is Jubilee Park Primêr se Hotnite ’n gewilde gebeurtenis waarna leerders, ouers en ondersteuners uitsien.

Vanjaar word dié geselligheid op Vrydag, 6 Maart vanaf 08:00 tot 12:00 gehou en voortgesit vanaf 16:00 tot 18:00. Dan kan ’n mens kies en keur tussen ’n verskeidenheid tradisionele disse en lekkernye. Van die eetgoed wat by stalletjies te koop gaan wees sluit in samoosas en pasteie, worsrolletjies, verskillende burgers, alle soorte koeke en ander soetgoed.

Daar sal lekker lewendige dansmusiek ge-speel word en ’n pure karnaval-atmosfeer gaan geskep word. Die publiek word genooi om by dié lekker geselligheid ’n draai te maak. Vir meer inligting bel die skool by 041 988 3131.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article