DIT is weer tyd vir die lekkerste fees op Despatch, waar duisende pannekoeke gebak word vir NGK Despatch-Suid se jaarlikse Panne-koekfees op 1 en 2 Oktober.
Catrien Kloppers, organiseerder van die fees sê verlede jaar het die agt baksters 3 400 pannekoeke gebak en vanjaar mik hulle om die panne 4 000 keer met die wenresep-beslag te vul.
Vir die 3 400 pannekoeke het hulle 750 eiers, 125kg meel, 37.5 liter kookolie, 1.5kg kaneel en 40kg suiker gebruik.
Die pannekoeke op die spyskaart sluit in: Kaneelsuiker teen R5/pannekoek; Karamel & Piesang R15; Hoender & Mayonnaise R15. Pannekoeke sonder enige vulsuls is R4/panne-koek en kan gevries word om self later te vul.
Bestel en gaan haal
Met die vlak 1 COVID-19 inperking word die publiek versoek om vroegtydig hulle panne-koek-bestellings te plaas en om dan van die deurry-haal-en-betaal stelsel gebruik te maak (met jou masker aan) op Donderdag, 1 Oktober of Vrydag, 2 Oktober.
Besighede se voorafbestellings vir panne-koeke kan afgelewer word. Besighede op Uitenhage se pannekoekbestellings word op Donderdag, 1 Oktober afgelewer en op Vrydag, 2 Oktober word Despatch-besighede se bestellingstellings afgelewer. Die aflewerings word tot 13:00 gedoen.
Bestelde pannekoeke kan ook op dié dae by die kerksaal op die hoek van Kerk- en Kromstraat afgehaal word vanaf 10:00.
- Vooraf-bestellings moet gedoen word deur een van die volgende nommers te bel: 082 702 8345 of 041 933 3432.





