Tiaan Meyer. Foto’s: SCHANé KRITZINGER


Die Hoërskool Brandwag het onlangs by die prysuitdeling die toppresteerders van 2021 vir hul harde werk vereer. Mirali Hoekstra is aangewys as die toppresteerder in graad 8 met ’n gemiddelde jaarpunt van 91,78%. Sy verwerf ook erekleure en wen die 1964-matriekklasbeker vir haar prestasie.

Tiaan Meyer was verlede jaar die toppresteerder in graad 9 met ’n gemiddelde jaarpunt van 95,67%. Vir die prestasie wen hy die H.J. Groenewaldtrofee en word erekleure ook aan hom toegeken.

Vian Schoombie was met ’n gemiddelde jaarpunt van 95,14% die toppresteerder in graad 10. Hy verwerf ook erekleure en het die Nico Uystrofee ontvang.

Suzelle Nell is aangewys as die 2021 Dux-leerling in graad 11. Suzelle het ’n gemiddelde jaarpunt van 94,29% gehandhaaf. Die Andries Potgieterbeker is aan haar oorhandig en sy ontvang ook erekleure vir akademie.

Suzelle Nell.

Vian Schoombie.

Mirali Hoekstra.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article