Despatch Posduifklub bied ‘n jongduifveiling van Boertjie Nell se eerste ronde 2022 babaduiwe op die publieke vakansiedag, Dinsdag, 9 Augustus, aan.
Volgens Hennie le Roux van die Despatch Posduifklub se reëlingskomitee, sal daar ongeveer 100 babaduiwe te koop wees en geen duif sal teruggehou word nie. Stambome van die duifies sal beskikbaar wees.
“Direkte familie asook kuikens van Boertjie se SANPO goue medalje wenner van 2021, naamlik 775 sal ook op die veiling wees. Terloops een van 775 se kuikens het vanjaar reeds vir Boertjie presteer,” sê Le Roux.
Die veiling begin om 11:00 by Despatch Posduifklub, maar besigtiging van die duifies is vanaf 10:00.
“Telefoniese aanbiedinge kan ook gemaak word. ‘n Volledige verkooplys asook die stambome van die duiwe op die veiling sal later beskikbaar wees,” sê Le Roux.
Om betaling te vergemaklik sal kredietkaart fasiliteite by die klubhuis beskikbaar wees. Daar sal ook verversings te koop wees.
- Vir meer inligting bel Hennie le Roux by 076 140 9347 of Boertjie Nell by 083 709 2067.
– DESPATCH POSDUIFKLUB


