BOERTJIE Nell het geen bekendstelling in die plaaslike sowel as nasionale duiwe-wedvlugkringe nodig nie.
Hy en sy duiwe word wyd gerespekteer en sy duiwe se prestasies oor die jare is te veel om op te noem.
’n Jongduifveiling word môre op Despatch aangebied waar Boertjie se kuikens aangebied word.
Daar sal selfs ‘n vol suster en broer van ‘775’ wees wat vanjaar reeds vier vlugte vir Boertjie gewen het, sowel as die naaste familie aan ‘775’.
Stambome van dié duifies sal ook beskikbaar wees.
Daar sal ongeveer 95 jongduifies te koop aangbied word en ongeveer 18 ervare duiwe op vliegprestasies.
Die veiling is by die hokke langs die ou verkeersdepartement in Amperbostraat en besigtiging is vanaf 10:00 en die veiling begin om 11:00.
Om betaling te vergemaklik sal daar kaartfasiliteite beskikbaar wees.
Die finaal van die Nasionale Hok vanaf Ladybrand vind ook op die dag plaas
Telefoniese aanbiedinge vir jongduifies kan ook gemaak word.
- Vir enige verdere besonderhede kan Hennie 076 140 9347 of Boertjie 083 709 2067 gebel word. – DESPATCH POSDUIFKLUB


