Braaf die Boerboel saam met Lize van Zyl, Maatskaplike Werker by Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap, wat die les by skole aangebied het.

Foto: Verskaf

Braaf die Boerboel, die breinkind van Boerboel Wear, is ’n splinternuwe held ten bate van die Skooltassie-projek. Hy is soos Superman, maar in kakie geklee.

Met skouermantel en al snoer Braaf kragte saam met Solidariteit Helpende Hand om na kinders se welstand en toekoms om te sien.

Braaf boelie nooit, Braaf hou van bid en om vriendelik te wees en Braaf is geroep om te help.

Helpende Hand wil bewusmaking skep en van kleins af reeds vir kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar meeste van alles dat dit braaf is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee.

“Dit is ons almal se plig om ’n gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek,” sê Marlene Basson, Streekorganiseerder van Helpende Hand in die Oos-Kaap.

Verligting word reeds deur die Skooltassie-projek getakel; daarom is die Braaf die Boerboel-veldtog komplimenterend tot dié projek om sodoende kleuters te bemagtig.

Braaf die Boerboel het Laerskool Frans Conradie en Laerskool Sonop in Despatch, asook Laerskool Innes in Uitenhage, die afgelope week besoek.

Helpende Hand het besluit om stories te skryf oor Braaf die boerboel se dapperheid!

Dit is vasgevang in ’n reeks wat ouers vir hul kinders kan lees of wat kinders self vir mekaar kan lees.

Gaan lees gerus die reeks van 10 stories, een per maand, op jou foon by https://helpendehand.co.za/braaf-die-boerboel/.

Besoek www.tassie.co.za en skenk ’n tassie vir ’n behoeftige graadeentjie of ondersteun die projek deur ’n T-hemp aan te koop by www.boerboelwear.co.za (Vir elke Braaf T-Hemp wat verkoop word, skenk Boerboel R20 aan die Skooltassie-projek.)

Lees ook meer oor Helpende Hand projekte by www.ooskaaphand.co.za of kontak Basson by 083 501 3166 of stuur ’n e-pos aan marlene@helpendehand.co.za

-UITGEREIK DEUR SOLIDARITEIT HELPENDE HAND

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article