jukskei
Susters Susan Schoultz en Christa Hansen het voortreflike spel in Windhoek gelewer. Foto: Verskaf

Oos-Kaap help SA tot jukskei-goud

jukskei
Susters Susan Schoultz en Christa Hansen het voortreflike spel in Windhoek gelewer. Foto: Verskaf

OOS-KAAP – Oos-Kapenaars het Suid-Afrika gehelp om Namibië in ‘n jukskei-toets in Windhoek te klop. Suid-Afrika se mans- en vrouespan het albei met goue medaljes teruggekeer en opnuut gewys die spel is plaaslik baie gesond.

Die manspan bo 50 jaar moes egter behoorlik uithaal om met 8-7 te wen, terwyl die vrouespan dit makliker gehad het deur die Namibiërs met 12-3 te klop.

Lowrence Moore en Christa Hansen was Despatch se verteenwoordigers in die Groen-en-goud. Christa se suster, Susan Schoultz, was ook een van die groot uitblinkers. Sy woon in KuGompo City.

Dan het Jeffreysbaai ook twee verteenwoordigers gehad wat Suid-Afrika tot ‘n oorwinning gehelp het. Alewyn Smit was die afrigter van die manspan, terwyl Wynarda van Eck puik spel vir die vrouemeesterspan gelewer het.

Die susters, Susan Schoultz en Christa Hansen, het voortreflike spel in Windhoek gelewer.

jukskei
Die susters Susan Schoultz en Christa Hansen het voortreflike spel in Windhoek gelewer. Foto: Verskaf

LEES OOK: Vier ‘goue susters’ van Despatch maak geskiedenis in jukskei

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article