despatchers comrades
Dié Despatchers gaan Sondag aan die Comrades deelneem. Foto: Verskaf

Despatch-langasem durf 21ste Comrades aan


DESPATCH – Die ervare Despatch-langasem Bennie Thysse word Sondag (14 Junie) “Comrades-mondig” wanneer hy aan sy 21ste ultra-marathon van Durban na Pietermaritzburg deelneem.

Dis ‘n fenomenale prestasie vir die 69-atleet wat volgende maand 70 jaar oud word.

Hy lewer jaarliks sy allerbeste en is die mees ervare langasem by die klub. Bennie is een van tien Despatchers wat dié moordende wedloop gaan aandurf.

despatchers comrades
Die Despatchers wat Sondag aan die Comrades deelneem, is van links, Ischke Lambrechts, Lydia Potgieter, Helgard Potgieter, Lesley-Ann Bush, Thobela Ntamo, Bonisiwe Kamanga, Bennie Thysse, Theresa van Loggerenberg, Werner Zeelie, en Ruan Welgemoed. Foto: Verskaf

Despatch Atletiekklub het verlede jaar sowat 18 deelnemers tussen Pietermaritzburg en Durban gehad, maar die strawwe ekonomiese tye het sy tol geëis met uitgawes wat daagliks meer word.

Die klub se voorsitter, Helgard Potgieter, lei ook van voor af. Hy sal aan sy 12de Comrades-marathon deelneem.

Ander Despatchers wat in aksie sal wees is Ruan Welgemoed (reeds 8 Comrades gedoen), Lesley-Ann Bush (7), Lydia Potgieter (5), Theresa van Loggerenberg (4), Ischke Lambrechts (4), Werner Zeelie (2) en Thobela Ntamo (1).

‘n Nuweling, Bonisiwe Kamanga, gaan haar eerste Comades aandurf.

Yvette Jonker, die klub se sekretaresse, sou aan haar 15de agtereenvolgende Comrades deelgeneem het, maar moes haar weens ‘n ontydige besering onttrek. Dis uiteraard ‘n groot teleurstelling vir haar omdat haar vertonings tot dusver ook uiters merkwaardig is.

LEES OOK: Despatch soek fondse vir nuwe netbalbane

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article