KARIEGA – Groot, groter, grootste! Só kan die Bergsig Skool se vierde sportfees beskryf word wat op 27 en 28 Februarie dreig om uit sy nate te bars.
Met 81 sportspanne wat in rugby en netbal sal meeding kan sportliefhebbers hulle klaarmaak vir opwinding soos min. Altesaam 25 spanne sal aan hoërskolerugby deelneem met 20 spanne wat in die o.13-afdeling sal kragte meet.
Op die netbalbaan speel 18 hoërskoolspanne en ook 18 laerskoolspanne. Die rugby-afrigter, JD Esterhuizen, sê die fees beloof om soos altyd ‘n groot naweek op die sportkalender te wees.
Dit gee al die skole in die omgewing ook geleentheid om hul verskeie spanne reg te kry vir die komende seisoen. Verlede jaar was 65 spanne in aksie en die eerste fees het ‘n beskeie 40 spanne gelok.
Intussen het Bergsig ook ‘n nuwe hoofborg, Imperial Packaging, aan boord. Talle rugbywedstyde wat groot belangstelling lok is op die program. Bergsig se eerste span sal op albei dae in die hoofwedstryd betrokke wees.

oorhandiging van sportsakke en truie vir die Build It-fees dié naweek. Foto: Verskaf
Vrydagaand om 19:00 pak hy sy buurman, Muir College, terwyl hy Saterdagaand dieselfde tyd teen Westering sal kragte meet.
Ander wedstryde môre wat baie aandag behoort te geniet is dié tussen Despatch en Port Rex, en Pearson teen Andrew Rabie.
Vrydag se hoofnetbalwedstryd is tussen die o.19-spanne van Bergsig en Humansdorp, terwyl Bergsig en Bonzai PE Saterdag die hoofdis is. Daar sal 35 stalletjies beskikbaar wees met eet- end drinkgoed die hele dag, asook verskeie werkswinkelverkope in houtwerk, sweiswerk, stoffering en kunsvlyt.
Toegang is R30 per voertuig en R20 per persoon. Leerders in skooluniform en kinders jonger as 5 jaar kan die fees gratis bywoon.






You must be logged in to post a comment.