DESPATCH – Roxy Viljoen was die naweek die Despatch-rolbalklub se groot ster toe sy by die OP Novice-enkelspelkampioenskap by die Westview-klub in die Baai haar tweede goue medalje gewen het.
Sy het twee jaar gelede met haar eerste probeerslag ‘n goue medalje gekry, maar moes verlede jaar met die silwer medalje tevrede wees.
Dié keer was Roxy weer terug op haar beste om vir die tweede keer met die titel weg te stap.

Wouter Minnie sê die klub is uiters trots dat Despatch die grootste aantal inskrywings gehad het met 15 spelers wat deurgedring het na die uitspeelrondes.
Drie spelers, Roxy Viljoen, Janine Nance en Jonathan Knox, was in die finale rondes in aksie.
“Ons is almal baie trots op dié sterre – en veral vir Roxy wat haar derde enkelspelmedalje – insluitende twee goud – ingepalm het.
“Met spelers soos dié bly Despatch ‘n groot faktor in OP-rolbal,” sê hy.






You must be logged in to post a comment.