Die gehalte en betroubaarheid van dienste soos water, afvalwater en elektrisiteit in veral stedelike munisipaliteite het weens verwaarlosing en onvoldoende instandhouding versleg, sê Enoch Godongwana, minister van finansies. Foto: iStock


Clear natural water in woman hands.

Volgens die departement van water en sanitasie (DWS) staan Maart as Nasionale Watermaand bekend.

Dié departement meen die Wes-Kaapse damvlakke is óf beter óf dieselfde as die twee vorige jare.

Hoewel DWS tevrede is met die status van damvlakke oor die provinsie heen, kan die publiek nie nou agtelosig optree nie. Hy doen dus ’n beroep op alle waterverbruikers om voort te gaan om water spaarsamig te gebruik totdat én nadat die winterreënvalseisoen aanbreek.

In ’n verklaring van dié departement verduidelik hy dat die Nasionale Watermaand-veldtog daarop gemik is om die publiek op te voed oor hul verantwoordelikheid van waterbesparingsinisiatiewe en om bewustheid te verhoog oor die behoefte om die land se waterbronne te beskerm en te bewaar.

‘Water vir vrede’

Die tema vir vanjaar se Watermaand-veldtog is “Water vir vrede”.

Chris Jordaan, wyksraadslid van die Ruyterwacht-gebied, meen die Watermaand-veldtog is om ons mense bewus te maak om water spaarsamig te gebruik. “Water is kosbaar,” sê Jordaan.

Hy sê verder dat hoe meer water ons spaar, hoe meer water is daar vir inwoners om te gebruik.

“Ons damme is in ’n redelike toestand, maar met klimaatsverandering kan verwag word dat water verdwyn soos temperature styg.

“Ons is op die drumpel van ons winterseisoen en ek hoop dat die Here ons sal seën met water om die damme weer 100% vol te kry,” sê Jordaan.

Tans lyk damvlakke as volg:

  • Bergrivierdam 76,1%
  • Steenbrasdam 66,2%
  • Kougadam 91,4%
  • Kromrivierdam 92,9%
  • Voëlvleidam 65,7%
  • Wemmershoekdam 79,1%

“Dit is duidelik dat besparing van water van kardinale belang is en ons kan nie water mors nie,” verduidelik Jordaan.

Volgens Jordaan is dit ook noodsaaklik dat elke inwoner bewus gemaak word om nie water te mors nie en as daar ’n gebarste waterpyp is, dit onmiddellik by 086 010 3089 aan te meld.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article