inDrive-bestuurder in Kraaifontein vas ná beweerde seksuele aanval op passasier

'n Kraaifontein vrou is na bewering deur 'n Uber-bestuurder aangerand.
‘n Kraaifontein vrou is na bewering deur ‘n inDrive-bestuurder aangerand.

inDrive-bestuurder in Kraaifontein vas ná beweerde seksuele aanval op passasier


’n inDrive bestuurder is gistermiddag in Kraaifontein vasgetrek nadat hy na bewering ‘n vroulike passasier fisies en seksueel aangerand het.

Die voorval het Woensdag, 14 Oktober, omstreeks 17:11 plaasgevind.

Lede van Titanium Securitas se misdaadvoorkomingseenheid was op roetinepatrollie toe hulle ‘n taktiese reaksiebeampte van dieselfde maatskappy te hulp gesnel het om die verdagte aan te keer.

“Volgens die slagoffer het sy die rit bespreek om haar vanaf Kraaifontein na Kaapstad te vervoer. Kort nadat die bestuurder haar opgelaai het, het hy blykbaar van die hoofpad afgewyk en skielik stilgehou. Dit is toe dat hy haar na bewering fisies en seksueel aangerand het,” sê Kobus Kotze, woordvoerder van Titanium Securitas.

“Sy het daarin geslaag om haarself los te ruk en het uit die motor geklim. Die verdagte het egter ook uitgeklim en haar teen die voertuig vasgedruk en met ’n mes aangeval. Dit is toe dat lede van die publiek alarm gemaak het. Toe ons lede op die toneel aankom, het hulle die bebloede slagoffer aangetref. Sy het dadelik na die vlugtende motor gewys, en ons lede het hom agternagesit,” sê Kotze.

LEES OOK: Brackenfell-vrou praat oor traumatiese nagtelike rooftog

“Die slagoffer kon die verdagte sonder enige twyfel op die toneel identifiseer. ’n Ambulans is na die toneel ontbied om dringende mediese bystand en sorg aan die erg getraumatiseerde vrou te verleen. Die slagoffer het aangedui dat sy ‘n amptelike strafregtelike klag by die polisie gaan indien,” sê Kotze.

TygerBurger het inDrive gekontak rakende die voorval en wag tans op terugvoer.

Die verdagte is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn

LEES OOK: Uber Eats driver dragged off bike in Brackenfell
.

.









NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article