Die vuurwapen en ammunisie waarop daar beslag gelê was.

´n Tiener (17) verskyn Donderdag 12 Februarie in die Goodwood-landdroshof vir die besit van ´n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Sers. Wesley Twigg, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê lede van die Ravensmead-misdaadvoorkomingseenheid het Dinsdagaand inligting opgevolg oor ´n swart Suzuki wat in 42ste Laan in Eureka Estate geparkeer was, waarvan die insittende in besit van ´n vuurwapen was.

Hy sê die polisie het op die inligting gereageer en die voertuig met die insittende gevind. “Die voertuig en insittende is deursoek, waarna die polisie op ´n 9mm-vuurwapen, waarvan die reeksnommer verwyder was, in die voertuig afgekom het,” sê Twigg.

Daar is ook 18 rondtes ammunisie in die voertuig gevind.

Die tienerseun is in hegtenis geneem vir die besit van ´n onwettige vuurwapen en ammunisie, sê Twigg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article