Die Laerskool Bastion se o.13A-krieketspan het Lockers Park Preparatory School van Engeland met 210 lopies verpletter.
In die senior afdeling is AJ Weyers en Nicola Swift as onderskeidelik die victor en victrix ludorum aangewys. Lianéy Vermeulen en Neil Sadie was die beste junior atlete.
Twee leerders van die Laerskool Mikro se kunswerke is gekies om deel van Santam se aanlynkunsuitstalling volgende jaar te wees.
Die hoërskole DF Malan, Stellenberg, Durbanville en Brackenfell sê mekaar die naweek die stryd aan in die eindronde van Radio Tygerberg 104FM se Vreesloos-kompetisie.