‘n Petroljoggie wat droom van paramedikus word het die kans om saam met Netcare se ambulans en paramedici rond te ry, aangegryp.
Petroljoggie Chevaan Abrahams het nog nooit sy paramedikus-droom met iemand gedeel nie – totdat ‘n vrou in die nag by Shell Zevenwacht geboorte gegee het.