Kayla Reyneke (19) van Kuilsrivier is by Krieket Suid-Afrika se jaarlikse prysuitdeling in Johannesburg as Hollywoodbets se Pro20- Speler van die Seisoen vereer.
Werksgeleenthede en herwinning is die hart van ’n opwindende loodsprojek wat gister amptelik by die Alta du Toitskool vir intellektueel gestremde leerders bekendgestel is.
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het toestemming verleen dat die Laerskool Mikro van volgende jaar af met een Engelse graad R-klas met maksimum 30 leerders kan begin.
Die liggaam van Theodore Sylvester (30) van Kalkfontein wat verlede Donderdag (18 Julie) ten tyde van gure weer in die sterkvloeiende Kuilsrivier-kanaal beland het, is Maandagoggend deur die Stad se…
Die Hoërskool Blackheath se matriekslaagsyfer het van 59% in 2021 en 68% in 2022 tot ’n merkwaardige 88% in 2023 verbeter.