Dit gebeur nie aldag dat jy deel van ‘n televisie-gehoor kan wees wanneer ‘n splinternuwe vermaakprogram vir kykNET & kie opgeneem word nie.

Die immergewilde Dean Smith van Suidooster-faam is die aanbieder van Show’kie, waarvan opnames in Mei begin. Dit gaan by Atlantic Studios, wat onder meer die tuiste van Suidooster, Koortjies, Sê jou sê en Kwêla is, opgeneem word en sal van Julie op kykNET & kie uitgesaai word.

En Dean soek mense om deel van die gehoor te wees. Dit is gratis en al wat jy hoef te doen, is om so gou as moontlik jou plek te bespreek. Sommer vandag nog.

Dean Smith.
Dean Smith.

Wat om te verwag van ‘Show’kie’?

Suidooster-aanhangers kan ontspan, want “Wade” gaan nêrens heen nie, maar met Show’kie gaan Dean sy gunsteling-persoonlikhede van uiteenlopende genres voor die kamera laat verskyn.

Dink maar aan mense soos Jawaahier Petersen, Shimmy Isaacs, Dean Balie, Tollie Parton en Mienke Ehlers. Daar’s musiekmense, daar’s lekker kuiermense, daar’s mense-mense — reg in die kraal van almal se smaak!

Die vermaakaspek van die reeks gaan nie teleurstel nie, want kykers kan uitsien na ongelooflike optredes en verrassings.

Diegene wat Dean ken, weet dat hy beslis nie op sy mond geval het nie. Maar dié talentvolle akteur het ook baie wysheid om te deel.

“Die lewe gaan oor balans. Jy werk hard; jy speel hard. Jy pluk die vrugte van dit wat jy insit.

“Mag jy ook dinge hê wat jou bly uitdaag, opgewonde maak en jou horisonne verbreed,” is sy boodskap aan die kykers.

Met die energie wat hy in Show’kie inploeg, gaan daar wonderlike vrugte gepluk word — van groot gesprekke tot uit-die-maag-skaterlag. Daar gaan nie ‘n saai oomblik wees nie. Gewaarborg. Dean sê ook hy is opgewonde en voel meer gemotiveerd om steeds ‘n beter weergawe van homself te ontwikkel. En Show’kie is een groot tree vorentoe op daardie pad.

Wees deel van die gehoor

Die vertonings vir Show’kie — elke keer met ‘n gehoor teenwoordig — word op die volgende dae by Atlantic Studios in Montague Gardens geskiet:

  • Vrydag 15 Mei vanaf 18:00;
  • Saterdag 16 Mei vanaf 15:00;
  • Donderdag 21 Mei vnaf 18:00;
  • Vrydag 22 Mei vanaf 18:00;
  • Saterdag 23 Mei vanaf 18:00.

Stuur ‘n e-pos na showkie@gehoor.tv of WhatsApp 068 814 2117 sommer om seker te maak jy is in die gehoor!

LEES OOK: Suidoosterfees se Kort voor lank-program: Kort maar kragtig

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article