‘n Vrou probeer die water wegvee.


Verskeie strate in Bonteheuwel is onder water weens die swaar reën wat sedert die naweek in die Kaap geval het.

Soraya Salie, ‘n gemeenskapswerker, sê die infrastruktuur kon net nie meer byhou met die hoveelheid reën wat geval het nie. “Sommige areas in Bonteheuwel het ook nie elektrisiteit nie. Ek kon nie onthou wanneer laas ons sulke groot storm gehad het nie. Mag die Almagtige diegene wat op die straat bly beskerm,” sê sy.

In Silversands loop water tot in mense se agterplase. Sommige inwoners van die strate Bellingham, Hockenheim en Lohr sê water is knie-hoogte.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article