Die Laerskool Mikro se “Leerders-Wat-Omgee” en MK50, die skool se ondersteuningsnetwerk, het verlede week die kinders van Little Grapes Playground, ‘n vroeëkinderontwikkelingsentrum op Zevenwacht-plaas, se gesiggies met die aflewering van opvoedkundige speelgoed laat ophelder.
Die speelgoed is deel van ‘n groter skenking wat Eureka DIY aan Solidariteit se maatskaplikewerkersnetwerk gemaak het.
Tania Beka, skoolhoof van Little Grapes, wat deur die Zifumane Foundation bestuur word, was saam met die kinders baie opgewonde oor hierdie vroeë Kersgeskenk. Pizza Perfect het boonop vir pizza gesorg. Die leerders en kleuters het heerlik saam gekuier.












You must be logged in to post a comment.