Ek skryf hierdie brief oor die skokonthullings wat ek teëgekom het oor Black Friday.
Ouers bederf hulle kinders op Black Friday en wil dan lenings maak vir registrasiefooie.
Asseblief my mense, as jou kind universiteit of kollege toe moet gaan dan het hy of sy nie ’n nuwe paar tekkies op Black Friday nodig nie. Hou daardie geld vir registrasie. Dit is soveel belangriker.




