Elmine Möller lewer 'n demonstrasie.
Elmine Möller lewer ‘n demonstrasie.

Rys en vleis is besonders, maar pampoentert vat die koek


Die Brackenfell VLV-Varings het Donderdag op hul maandelikse vergadering na Elmine Möller se aanbieding van “Gesonde maaltyd-beplanning” geluister.

Sy het die doodgewone rys, vleis en groente uit ons Suid-Afrikaanse huise geneem en iets besonders daarmee gedemonstreer.

Sy het gewys hoe jy ‘n maalvleisbroodjie met ‘n kinkel maak; hoe jy ‘n baie maklike gebakte koolgereg maak, en ook ‘n heerlike pampoentert waarmee jy met ‘n koppie of twee gaar pampoen sommer vir ‘n hele klomp mense kan skep.

Jy kan ook rys in ‘n warmfles gaar maak. Spoel die warmfles met kookwater uit, sit so twee koppies rys in en vul die fles tot so 4cm van bó met kookwater. Draai styf toe en laat staan.

Gasvrou Susara Basson
Gasvrou Susara Basson

Om die pampoentert te maak, meng jy drie koppies gaar pampoen, twee eiers, een koppie melk, een koppie room, een koppie suiker, een koppie meel, 10 ml bakpoeier en ‘n knippie sout goed saam, giet in ‘n groot vuurvaste bak, sprinkel kaneel bo-oor en bak by 180 °C vir 35-40 minute tot gaar en gestol.

“Die gasvrou Elsebé Swart het ook ‘n pragtige uitstalling van elke lid se oudste kookboek gemaak en die dag is afgesluit met ‘n prettige musical chairs waar ons resepte omgestuur het wat lede saamgebring het,” sê René van die Varings.

LEES OOK: Susan de Villiers ontvang `n eerbewys van die Varings

“Dit is hartsverblydend om te sien hoe die Varings deelneem aan die vergaderings. Elsebé Swart en Susara Basson kan tevrede voel met hul reëlings en heerlike eetgoed vir die vergadering.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article