Die vrou in haar laat veertigerjare, wat verkies om anoniem te bly, was kort na middernag in haar woonstel op die eerste verdieping van Cambridge House in Oxfordstraat.
Sy het met die een in ’n stoeiery betrokke geraak. Volgens kapt. Marchell Rhode het sy die man met haar glas wyn probeer slaan. Die ander rower het die huis deurgegaan en ’n DVD-speler met afstandbeheerders, ’n skootrekenaar, haar handsak en selfoon gegryp.
Dis toe dat die twee rowers weer by die balkondeur uit vlug.
“Die een het die handsak laat val. Een se hoodie het aan die staalpenne van die hek waaroor hulle gespring het, vasgehaak,” het sy vertel.
Dis na bewering juis die einste hoodie wat die polisie op die spoor van een van die verdagtes, wat glo gereeld met die gereg bots, gesit het.
Volgens Rhode is een van die verdagtes, ’n 27-jarige man van Morningstar, later in Sportsweg opgemerk deur polisielede wat besig was met patrolliediens.
Die ander verdagte (18) is die volgende dag (Vrydag) by sy ma se huis in Fisantekraal opgespoor en in hegtenis geneem. Die DVD-speler is Sondagoggend by die polisie ingehandig nadat daar glo gepoog is om dit in die dorp te verkoop.
Die skootrekenaar word egter steeds vermis. Die waarde van die gesteelde items beloop sowat R12 000.
Die saak sal vermoedelik dan eers uitgestel word vir ’n formele borgtogaansoek.
Twee skootrekenaars, ’n selfoon, kontant en ’n beursie is toe gesteel.
Don Bedford, waarnemende voorsitter van die beheerliggaam van Cambridge House, het gesê hulle ondersoek stappe om die kompleks verder te beveilig.





