Die Goodwood-biblioteek bied van 28 Junie tot 12 Julie ’n vakansieprogram aan.

Elke dag is daar iets nuuts om te leer om kreatiwiteit aan te wakker.

Daar is verskillende aktiwiteite elke dag. Op 28 Junie spring hulle weg met papierspinnershandwerk, op 30 Junie word weggooibare gesigmaskerversierings gemaak, op 7 Julie kry hulle te doen met Squishy of stresballonhandwerk.

Op 12 Julie sal die kleintjies papierhelikopters maak en op 14 Julie koekies versier.

Hierdie program duur van 10:00 tot ongeveer 11:00 op die verskillende dae.

“Daar is ’n boek by die toonbank waarin ons die kinders se name opskryf wat belangstel. Ons kan tot 20 kinders op ’n keer hanteer,” het Minda Maritz, hoofbibliotekaresse by die Goodwood-biblioteek, gesê.

“Hierdie program is vir laerskoolkinders. Indien die spesifieke dag gemik is op tieners, sal ons dit so op die program self spesifiseer,”sê Maritz.

“Ons doen aktiwiteite wat ons hoop die kinders gaan geniet; dit dien ook om hulle besig te hou in stede van verveeld by die huis te sit gedurende die vakansie.”

Verder hoop die biblioteekpersoneel dat die kinders dalk iets sal leer uit die program, soos ’n vaardigheid.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article