’n Groeiende liggaam en ontwikkelende brein benodig gesonde kos.
As jy wil hê jou kind moet in die skool aandag gee, is ontbyt belangrik.
Daardie eerste maaltyd voor skool help om bloedsuikervlakke te reguleer, wat ’n rol speel in gemoed, energievlakke en fokus.
’n Goeie begin is halfpad gewin, maar moenie van daardie kosblik of kospakkies vergeet nie.
Volgens nasionale riglyne is daar sewe voedselgroepe wat gereeld ingeneem behoort te word: styselkosse, vrugte en groente, droë bone, ertjies, lensies en soja, hoender, vis, vleis en eiers, melk, maas, jogurt; vet en olie; en water. Aanbevelings is:
- Geniet ’n verskeidenheid kosse.
- Sluit styselagtige kosse in by die meeste etes.
- Eet heelwat groente en vrugte elke dag.
- Eet droë bone, kekerertjies, lensies en soja gereeld.
- Geniet daagliks melk, maas of jogurt.
- Vis, hoender, maer vleis of eiers kan daagliks geëet word.
- Drink baie skoon water.
- Gebruik eerder groente-olies as harde vette.
- Beperk die gebruik van suiker.
- Beperk kos met ’n hoë soutinhoud.
Keuses
- Hou kinders se kospakkies interessant deur ’n verskeidenheid teksture, kleure, geure en vorms in te sluit.
- Toebroodjies bly ’n staatmaker, maar kies eerder volgraan-, lae GI- of saadbrood as witbrood.
- Vulsels kan insluit snytjies hoender of ham; tuna en eier met mayonnaise; komkommer, tamatie en kaas; grondboontjiebotter; konfyt, Marmite of Bovril.
- Muffins, gevulde pitabroodjies, skons of pizza kan soms die toebroodjies vervang.
- Genoeg vloeistof is veral in die somer belangrik. Water bly die beste keuse, maar ystee, vrugtesap, gegeurde melk en drinkbare jogurt is nog opsies. Vries koeldrank of water die aand voor die tyd sodat dit lank koel bly.
- Heel vrugte wat maklik eetbaar is, bly ’n wenner. Vir kinders wat nie so gaande is oor vrugte nie, kan dit opgesny en by jogurt gevoeg word.
- Wees verbeeldingryk met groente. Humus of ’n laevet-slaaisous kan wortelstokkies, soetrissies, seldery, komkommer of kersietamaties opkikker.
- Droëvrugte, gemengde neute, grondboontjies en rosyntjies is ook goeie opsies vir ’n kosblik.
- En bederfies is nie heeltemal verbode nie.
’n Groeiende liggaam en ontwikkelende brein benodig gesonde kos.
As jy wil hê jou kind moet in die skool aandag gee, is ontbyt belangrik.
Daardie eerste maaltyd voor skool help om bloedsuikervlakke te reguleer, wat ’n rol speel in gemoed, energievlakke en fokus. ’n Goeie begin is halfpad gewin, maar moenie van daardie kosblik of kospakkies vergeet nie.