Motor word geskaak met kind steeds daarin, wetstoepassers geprys

Officer Chimoney Abrahams embraces Fatiya Handino after her hijacking ordeal.
Officer Chimoney Abrahams embraces Fatiya Handino after her hijacking ordeal.

Motor word geskaak met kind steeds daarin, wetstoepassers geprys


Lof stroom van oral af in vir wetstoepassingsbeamptes nadat hul flink optrede gehelp het om ‘n kleuter se lewe te red nadat haar pa se bakkie, met haar steeds daarin, gekaap is.

Volgens JP Smith, die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid het hy die ouers van die vyfjarige Fatiya Handino ontmoet en het hulle hom vertel van hul traumatiese ervaring op 21 Mei. “Net voor 09:00 is Fatiya Handino en haar pa, Sukure Amadin, deur gewapende mans genader toe hulle by die huis stilhou. Die kapers het die pa geweldadig uit die bakkie verwyder en weggejaag, met die bang Fatiya steeds in die motor. In daardie stadium was Chimoney Abrahams, ‘n wetstoepassingsbeampte en haar kollegas besig om werkers van die energie-direktoraat te vergesel, toe die desperate en histeriese pa hulle aftrek en verduidelik wat gebeur het,” sê Smith.

Die beamptes het dadelik aan die werk gespring en het in die rigting gejaag waarheen die kapers gevlug het, terwyl hulle ook versterkings ingeroep het. “Die booswigte het die kind langs die pad gelos, terwyl een probeer het om sy klere in nabygeleë bosse uit te trek. Abrahams het die 32-jarige verdagte gesien en in hegtenis geneem. Sy het hom aan die polisie oorhandig,” sê Smith.

Fatiya is deur gemeenskapslede gevind en is veilig met haar familie herenig. “Met die familie se besoek aan my kantoor vandeesweek, het Fatiya en die bestuur van die wetstoepassers sertifikate aan die betrokke beamptes oorhandig om hul dankbaarheid te bewys. Dit was wonderlik om te sien hoe dankbaar Fatiya se familie was vir wat die beamptes vir hulle gedoen het. Hul spoedige reaksie is die etos wat in die veiligheidsdirektoraat aanmoedig,” sê Smith.

LEES OOK: Twee van wetstoepassing kry borgtog ná hulle glo omkoopgeld eis

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article