Is die Stad Kaapstad se munisipaliteit perfek? Nee, verreweg nie.

Wanneer ’n mens egter die media dophou, sien jy keer op keer dat juis hierdie munisipaliteit, sover dit dienslewering betref, loshande voor die res van die land is.

Ja, ons betaal wel vir hierdie dienste, maar ten minste kry ons waarde vir ons munisipale belasting.

Ons het sopas familie gehad wat van Vereniging hier gekuier het. Hulle kon nie uitgepraat raak oor ons goeie paaie nie.

Moenie met die witbrood onder die arm kla nie.


Pieter le RouxKuilsrivier

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article