SJC-gewapende-reaksie-voertuie endie polisie p die toneel buite Hoerskool Bellville nadat drie verdagtes vasgekeer is.
SJC-gewapende-reaksie-voertuie en die polisie op die toneel buite Hoërskool Bellville nadat drie verdagtes vasgekeer is. Foto: Facebook/ SJC-gewapende-reaksie

Minibus-rowers by Hoërskool Bellville betrap

SJC-gewapende-reaksie-voertuie endie polisie p die toneel buite Hoerskool Bellville nadat drie verdagtes vasgekeer is.
SJC-gewapende-reaksie-voertuie en die polisie op die toneel buite Hoërskool Bellville nadat drie verdagtes vasgekeer is. Foto: Facebook/ SJC-gewapende-reaksie

‘n SJC-gewapende-reaksie-sekuriteitswag het Vrydag tydens ‘n roetine-terreininspeksie by die Hoërskool Bellville misdadigers betrap wat besig was om een van die skool se minibus-taxi’s te steel. Wat as ‘n gewone patrollie begin het, het spoedig in ‘n dramatiese konfrontasie ontaard waarin die wag self in lewensgevaar verkeer het.

Volgens SJC was die verdagtes reeds besig om die minibus se deure oop te maak toe die wag hulle op die toneel betrap. Toe die misdadigers besef hulle is gevang, het hulle nie probeer terugveg nie – in plaas daarvan het hulle die wag met ‘n vuurwapen in die gesig gedreig, hom vasgebind en in ‘n sekuriteitswagkamer opgesluit terwyl hulle per voet wou vlug.

Die wag se kollegas het gelukkig gou agterdogtige aktiwiteit op die terrein gesien en hom betyds losgemaak. Hy het geen ernstige beserings opgedoen nie.

Intussen is bykomende SJC-eenhede vinnig ontplooi om die verdagtes agterna te sit. Die verdagtes het in ‘n ander minibus-taxi gevlug, wat vermoedelik spesiaal vir die geleentheid naby die skool was.

Die minibus-taxi van die skool is suksesvol teruggevind.
Die minibus-taxi van die skool is suksesvol teruggevind. Foto: Facebook/ SJC-gewapende-reaksie

Die SJC-beamptes het egter blitsig gereageer. Die taxi is vasgekeer voordat die verdagtes kon wegkom en drie van hulle is in hegtenis geneem. Twee minibusse van die Hoërskool Bellville is teruggevind.

LEES OOK: Twee in Goodwood-hof vir dwelms

Kapt. FC Van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder, het die misdaad bevestig.

“Hierdie kantoor kan bevestig dat drie verdagtes van 24, 29 en 34 op Vrydag 3 Julie vir die diefstal van ‘n motorvoertuig op die terrein van ‘n hoërskool in De La Hayeweg in Bellville in hegtenis geneem is.”

Volgens Van Wyk het die verdagtes Maandag (6 Julie) in die Bellville-landdroshof verskyn.

“Die ondersoek duur voort en verdere aanklagte kan bygevoeg word,” het Van Wyk bygevoeg.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article