Die onwettige vuurwapen en ammunisie waarop daar onlangs beslag gelê is.

´n Man (33) verskyn binnekort in die Goodwood-landdroshof nadat die polisie hom op Maandag (12 Januarie) in die besit van ´n onwettige vuurwapen en ammunisie aangekeer het.

Die inhegtenisneming is deur lede van die polisie se Operation Lockdown uitgevoer.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder, was hul lede besig om misdaadvoorkomingsdiens in Elsiesrivier uit te voer toe hulle inligting ontvang oor iemand wat by ‘n woning in Fairview Court, The Range, in Elsiesrivier in besit van ‘n vuurwapen was.

“Hulle het dadelik op die inligting wat hulle ontvang het, gereageer en die verdagte by die adres aangekeer waar hy in besit van ‘n .38 Special-rewolwer en ammunisie betrap is,” sê Van Wyk.

Die verdagte word tans by die Elsiesrivier-polisiekantoor aangehou.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article