Ek skryf hierdie brief en wonder of iemand my kan inlig oor wat gebeur wanneer ons telefoonoproepe of klagtes geregistreer word.

Iemand het ‘n opmerking gemaak en gesê dat daar niks in Oakdale gedoen word nie, omdat daar nie genoeg mense kla nie.

So hier is my vrae: watter hoeveelheid klagtes word as genoeg beskou om ‘n reaksie van die mense in gesag, wat werklik iets aan die probleem kan doen, te kry?

Word ons klagtes geregistreer?

Glo my, ek weet van baie mense wat kla, so wanneer is daar genoeg gekla, aangesien dit nou tyd is vir die owerheid om in te gryp?

Annoniem soek antwoorde, E-pos

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article