‘n Kind is kritiek nadat sy van ‘n balkon in Parow val en op ‘n motor beland.

ER24

’n Driejarige meisiekind is gistermiddag na die hospitaal gehaas nadat sy glo twee verdiepings ver geval het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van die ER24-nooddienste, was die peuter op die balkon van ’n woonstelblok in Voortrekkerweg, Parow toe die voorval gebeur het.

Die kind is in ’n kritieke toestand, sê hy. ER24 het om 13:22 op die toneel opgedaag, waar noodhulp reeds toegpas is.

“Daar word beweer dat die meisie twee verdiepings ver vanaf ’n balkon geval het en op die voorruit van ’n voertuig beland het. Met die ondersoek het die mediese werkers bevind dat sy veelvuldige beserings opgedoen het en dat sy in ’n kritieke toestand verkeer,” sê Russel.

Medici het haar behandel waarna sy na die Tygerberg-hospitaal vervoer is vir dringende sorg.

Die omstandighede rondom die voorval is nog onbekend, en word ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article