Leerders van die Hoërskool Bellville het hul harte oopgemaak vir minderbevoorregte families hierdie Kerstyd deur aan ‘n unieke liefdadigheidsprojek deel te neem.
Die skool se leerderleiers en C.S.V.-kringleiers sluit aan by Solidariteit Helpende Hand se Duisendpoot-projek om klere vir minderbevoorregte gemeenskappe in te samel.
Die innoverende projek behels dat leerders klere en skoene wat hulle nie meer dra nie, in swartsakke bring. Hierdie bydraes is op 3 Desember gebruik om ‘n massiewe duisendpoot se lyf op die skool se krieketveld te vorm.

“Die doel is om te kyk hoe lank ons duisendpoot gaan wees,” verduidelik Nadine le Roux, bemarker by die skool. Die projek kombineer ‘n visuele spektakel met ‘n betekenisvolle doel – om minder gelukkige gesinne se Kerstyd ‘n ware fees te maak.
Die leerders het 103 sakke klere ingesamel.






You must be logged in to post a comment.