‘n Weermaglid wat Woensdagaand omstreeks 22:00 in Delft doodgeskiet het niks met die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) op die Kaapse Vlakte te doen nie.
Bendegeweld
Die weermag is onlangs op die Vlakte ontplooi om die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe by te staan in die bekamping van voortslepende bendegeweld.
Volgens polisiewoordvoerder, sers. Wesley Twigg, is ‘n 37-jarige man veelduldige kere geskiet en op die toneel dood verklaar. Twigg het benadruk dat die weermaglid van diens af was en nie betrokke was by Operation Prospere, soos die weermag se ontplooiing bekend staan, nie. “Die omstandighede rondom die moord word ondersoek. Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat hoewel die oorledene ‘n lid van die weermag was, daar geen skakel tussen hom en Operation Prosper is nie. Die verdagtes het van die toneel gevlug en is nog nie aangekeer nie,” sê hy.
Enigiemand met inligting kan die polisie se Stop Misdaadnommer, 08600 1011 skakel.
READ ALSO: Army joins police in major WC crime crackdown as Operation Prosper launches
.




