Hoërskool Bellville se dirigente vir die 2025 flashes


Dié jaar vier die Hoërskool Bellville heeltyd fees onder die tema “12 Days of Christmas” wat toeskouers jolige vermaak met hul pawiljoenvertonings gebied het.

Hoërskool Bellville Pawiljoenvertoning

TygerBurger se Heleen Boshoff het gaan uitvind hoe voorbereidings vir die MTBS 2025 gevaar het. 

Tema: 12 Days of Christmas

Pawiljoenafrigter: Wickus Zerwick

Hulppersoneel/Geeskomitee: Elaine Kruger is aan stuur van die flashes en dirigente.

Dirigente: Amy Mongie (hoofdirigent), Liam Duminy (hoofdirigent), Tamaryn Lodewyk, WB Wanenburg, Dillon Duminey, Keanté Korkie, Adriaan de Beer en Angenica Pretorius.

Tromspelers: Matt Krog en Divan Horn.

Wat was die inspirasie vir hierdie tema?

Kersfees is ’n tyd van feesvierige. Ons was lus om tot die dag van flashes fees te vier, en sommer ná flashes ook! Hierdie tema is baie uniek en is nog nie by MTBS flashes gedoen nie.

Hoe lank word daar al aan vanjaar se MTBS geoefen?

Ons het reeds verlede jaar begin met beplanning en die ontwerp van flashes sodat alles reg kon wees vir wanneer ons in Januarie begin het. Ons oefen elke dag en soms drie aande per week.

Ons was ook gelukkig om hierdie jaar ’n hele Vrydag te kon hê terwyl ons atlete by ’n byeenkoms was.

Hoe lank word daar al aan vanjaar se MTBS geoefen?

Ons sal teen flashes-tyd 50 ure met die skool geoefen het.

Hierdie tyd sluit uit die tyd wat die dirigente voor elke oefening insit om flash-patrone aan te leer.

Aan die skole met nuwe afrigters – wat het die afrigter gemotiveer om vanjaar se MTBS by die betrokke skool af te rig?

Ons het nie nuwe afrigters nie.

Bellville se ou hande ken die resep.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article